Vasal
Voorkoms
In die Middeleeue was 'n vasal[1] of leenman[2] is 'n persoon wat beskou word as iemand wat 'n wedersydse verpligting teenoor 'n heer of monarg het, in die konteks van die feodale stelsel in Middeleeuse Europa en elders.
Oorspronklik (in die Karolingiese Ryk) was die leenman 'n amptenaar van die koning, maar die amp het vinnig oorerflik geword en so het die adel ontstaan. Die leenman het aan die koning 'n eed moes sweer dat hy die koning militêr sou steun en getrou aan hom sou wees. Die koning het as antwoord gesweer dat hy hom sal beskerm. Die leenman en sy afstammelinge het die geleende land behou totdat hulle huis (familie) uitgesterf het; daarna het die land weer na die koning teruggekeer.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hughes, Michael (1992). Early Modern Germany, 1477–1806, MacMillan Press and University of Pennsylvania Press, Philadelphia, p. 18. ISBN 0-8122-1427-7.
- ↑ "liege subject". The Free Dictionary. Besoek op 11 November 2020.